Skuins Befok

Ek het Donderdag middag vertigo gekry van woede. Ek het even consider om my sussie te bel en te laat weet sy moet maar kalmeer pille bring. Sy het immers ‘n klein huisie vol variasies van pille om jou gemoed of befokgeit te kalmeer.
Na al die maande se probeer van: “let it go”, “sien dit van wie dit kom”, “onthou wat jy nou al oor jouself geleer het”, “haal asem en tel tot tien”, “dink voor jy reageer en praat”, “moenie dat dit jou so ontstel nie” … niks van daai kak het gewerk nie. Fokkol. Ek het nie eens aan dit gedink nie. Dit was ‘n aanval van hewige proporsies – BOOM!
Die intense woede het vir ure aangehou … infact, ek het steeds ‘n onderliggende inner anger wat soos ‘n klein rampokker op my skouer sit en my elke nou en dan remind om nie op te hou om die moer in te wees nie.
Waarom was ek so skuins befok? Dit is omdat ek ‘n perfeksionis is, en ek dit haat as mense my vir ‘n blerrie fool probeer vat.
My kop spin nogsteeds.

Advertisements