Loss like a Boss

Kyk nê … ek het wragtig die laaste paar jaar geleer hoe om tweede te kom.
Sleg tweede bedoel ek.
Nie soos silwer tweede of verloor span tiepe tweede nie.
Stok siel alleen tiepe tweede.
Soos in “Extreme feelings of loss”.
Die soort waaroor slim mense psychology boeke oor skryf en dokters vir jou pilletjies voor voorskryf en jou oorreed jy sal dit nie kan handle sonder medikasie nie.

Kyk né … niemand moet ooit kak en kerm by my oor mediocre loss kak nie.
Ek ken loss. As jy wonder, kom vra my … ek sal jou presies kan sê of dit mediocre kak of serious feelings of loss is.
Loss het kinda my best vriendin geword met tye. My familie, my maat, my boyfriend, my troeteldier. My enigste solid met tye.

Goeie nuus tho … mens het nie altyd pilletjies nodig nie.
Ja ok …. miskien ‘n paar (ok oor 3 jaar nogal ‘n hele paar) glase rooiwyn nodig, maar ek het wragtig survive sonder om ‘n drank of pil probleem te ontwikkel.

Punt is, loss is ‘n vieslike, aaklige ding met lang tande. Dis ‘n draak. Hy spoeg vuur en maak kak.
Hy (ja dis beslis ‘n hy) maak babas en weak mense bang.
Tot jy hom een dag jou vriend maak en accept.
Hom ‘n druk gee en sê “welkom terug in my screwed up looser wêreld”, langs hom sit en jou diepste harts geheime vertel in die donker.
Hom jou enigste vriend maak…
En guess what … daai dag loose jy hom ook.
Hoekom? Want jys die queen van loss. DIS hoekom.
Dan smile jy want jyt PRO gegaan met loss. So erg dat jy loss ook geloose het.
Hoe’s daai vir loss? 

Daai dag bang jy nie meer loss nie.
Jy verwag elke dag dat hy gaan kom kuier, aan jou deur gaan kom klop, vir jou ‘n Whatsapp stuur of gaan kom kak maak op jou Facebook wall.
Jy bang hom nie meer nie.
Jy staan parraat en is ready vir hom.
Elke dag handle jy jou ou vriend loss beter en beter.
Amper soos ‘n eks man … hy bly deel van jou vir die res van jou lewe, maar hy’s nou iemand anders se kak om te handle.
Net so is loss.
Hy stap aan en gaan maak iewers anders kak, … maar jy hou jou deur oop en leer om hom next time met ope arms te verwelkom. Hy gaan nie lank bly nie, want hy weet nou jy’s hom geleer handle like a boss.

So handle ek nou deesdae my loss. Like a Boss.

Net ‘n stukkie op ‘n slag

So dis seker tyd dat ek praat … veral siende dat ek nou meer selfvertroue het. (rooiwyn speel beslis ‘n faktor)

Maklik my grootste probleem is seker die feit dat ek eerder die game saam met die res van die wêreld en my sogenaamde ‘vriendekring’ speel.
Ek speel veeeeeeeel eerder die clown as die victim. Ek is nie groot gemaak om victim te speeel nie. My ma sou (en sy het!) my hard moer tot ek my Jannie Jammergat kak los. Ons Meyer kinders weet van pakslae. Letterlik en figuurlik.

Mense! Luister! Ons weet nie watter battles mense fight wat jou pad kruis nie … en al dra jy kennis van sekere bakens in elkeen se geskiedenis, het jy geen clue hoe diep die spore getrap is wat die paadjies uitlê nie.
Onthou dit altyd!

Ek is een van daai fucked up, sensitiewe mense wat hopeloos te veel understanding van dit het … daarom is dit so moeilik om werklik my battles te share en te bespreek. Ander mense se kak is wayyyy makliker vir my as my eie.

Dis juis oor daai diep getrapte spore … Ek’s kak bang mense kan nie die diepte verstaan nie. Ek’s gatvol om gejudge te word vir my uiterse kak besluite. Ek’s vrees wat mense van my dink. Ek kry koue rillings as ek dink hoeveel keer ek al teleurgestel is, wanneer ek al my vertroue in mense sit. Ek’s onseker oor myself en die toekoms. Eks bang fokkit! Ken jy bang huh?
So paar verkose spesiale mense het my regte kak geweet.
Meeste het gedink ek maak grappies. (Dis hoe ek dit wou hê … eerder ‘n grappie as die real shit)

Kyk nê … denial is ‘n bitch van hewige proposies …. dan klap hy jou! Proper PK style!
Smack fokken bam!!! Dis asof jy vir maande geloop het en heeltyd jou asem opgehou het … en skielik word jy geskop. Yoko geri keage style! (Dis ‘n side snap kick … basies moer vinnig wanneer jy dit die heel minste verwag), wind uit, MOERTOE!
Well daai PK’s het ek so paar keer beleef in die laaste 3 jaar.

Dis ‘n lang storie … maar siende dat ek dit begin het … belowe ek dat ek dit sal klaar skryf en share. (net nie vannaand nie)

Dit betrek karakters wat maak of hulle groot sterk helde op wit perde is en uitdraai as skelm sleg moere.
Daar is ‘n egskeiding met uiterse seer en teleurstelling, ‘n rebound relationship, gebreekte harte, kinders, seer, familie en siek jokes.
Daar’s vriende wat paaie met jou stap en oornag fokof as dit met jou sleg gaan, daar is verskillende stede, geld, trane, beloftes, vriende wat dood gaan, kak en drama! Daar is mense wat ek dink ek ken, daar is nuwe mense wat ek nie persoonlik ken nie, maar wat real en daar is en daars nuwe vriende vir wie ek steeds bang is en ‘n verkose few wat ek trust, daar’s wyn en daar’s even kalmte plek-plek.

Ek weet net as iemand eendag my storie ordentlik kan oorskryf en verwoord, sonder my slegte mix van tale en vloekwoorde (ek’s ‘n bitter bitch jong!) , kan dit moontlik ‘n Best Seller word. Soos ek myself as mens, eendag as ek groot is, intend om te word. ‘n BEST SELLER. Stadig … maar seker … net ‘n stukkie op ‘n slag.

Ek het die skutterye …

Soos ek altyd sê … “Mense is snaaks, in ‘n non LOL kinda way”.
Veral daai mense wat afkortings soos lol, lmfao, tgif en daai kinda short text kak as ‘n gewoonte gebruik. Mens moet dadelik let op hulle … want hulle het sommer kak maniertjies van die begin af en steek dit nie eens weg nie.

Eintlik dink ek meeste mense is kak. Hulle is of vol kak, hulle steek hulle kak weg, hulle fake kak, hulle maak of hulle nie kak is nie, hulle is deur die kak, in die kak, besig om ‘n kak storie te vertel en sommige van hulle het selfs vanne wat jou aan kak laat dink – soos ‘n drol wat “plomp” in die wit porselein troon …

Dis moeilik om regtig aan die begin te weet wie die drol in die drinkwater is … maar die waarheid kom altyd uit.
Mens moet meeste mense maar net tyd gee voor jy mense regtig begin trust, want hulle kak sal een of ander tyd kop uitsteek … soos ‘n drol wat net nie meer geknyp kan word nie.

Na my laaste 2 jaar se kak voel ek sommige dae soos ‘n lopende “loop magie” myself.
Dis soos die skuttery – kak op kak op kak …

Kry mens nog goeie kak?
Die enigste “good shit” waarvan ek meeste van die tyd hoor is daai boom wat my vriend Nardus elke dag rook …

Vanoggend het ek gaan breakfast eet saam met ‘n ou vriend. Dit het my weer remind aan die ‘goeie tiepes kak’.
Dis daai kak vriende wat jy nooit sien nie, maar as jy mekaar sien praat jy naturally weer kak soos in die ou (kak) dae. Ja … die kak hou al onophoudelik vir jare aan.

Daar sit ek en besef toe – ja kak vriend, jy judge my nie, jy luister na my kak, jy deel jou kak en ons praat oor kak mense en die dag toe ons letterlik en figuurlik onsself bekak het.
Jip – almal het kak. Elke liewe een van ons.
Ons het gelag soos in die ou dae en toe die breakfast klaar is en die twee Mega koffies hulle gatte gesien het, het ons opgestaan, ons kak agter ons gesit vir ‘n kortstondige oomblik en weg gestap tot volgende keer.

As jy gebless word met ‘n loop magie van kak soos ek, kan jy nie help as om te wonder waar jy in jou lewe kak aangejaag het nie.
Ek meen almal sê tog “karma is ‘n bitch” en “die wiel draai” en al daai … wait for it … kak!

Ek probeer uit figure waar in my lewe ek iemand so erg onreg aan gedoen het om my konstante loop magie te verdien.
Gewoonlik is chicks net te happy vir ‘n loop magie, want wie weet … miskien verloor jy ‘n kilo of twee.
Nie ek nie – die kak maak my duk!

Julle wat my kak lees (ek weet nie regtig hoekom iemand my kak lees nie of wie julle is nie, maar die Stats vertel my dat mense my kak lees) – doen my asseblief ‘n favour. Ek vra mooi!
May I have your attention please? Will the real Slim Shady please stand up!

As jy voel ek was al ooit kak met jou of het jou iets kak aan gedoen in my lewe, kak onregverdig was of sommer net ‘n kak mens was – comment asseblief, stuur vir my ‘n mail, Facebook my, bel my, sms my, stuur ‘n posduif … vertel my van my kak.
Ek wil my shit regmaak, want ek kan nie meer met die loop magie deur die lewe loop nie.

Wie weet – miskien vind ek weer my flymskerp sin vir humor tussen al die kak en dan deel ek miskien een van die dae met julle die storie van toe ek figuurlik myself bekak het … met ‘n loop magie, voor ‘n boyfriend. Jip … die kak volg my al van skooldae af. Maar vir nou wil ek NET my kak uitsort …
Soos George (die medisyne man) altyd gesê het … “Something’s gotta give”.

Ek WIL my kak regmaak, dinge regstel met die universe, die les leer wat ek suppose is om te leer in die lewe sodat die kak kan stop, want anders gaan ek een van die mooi dae my shit regtig loose.

Ek’s nou moeg vir my kak wegsteek agter ‘n skerm van smiles en waves en snaaks wees. (alhoewel snaakse kak vir kortstondige oomblikke help)

ENOUGH! The shit’s been REAL!
Ek’s moeg vir die kak!

Catfished

So in die nasleep van ‘n egskeiding, ‘n gebreekte hart na ek gedink het ek het die man van my hart ontmoet en die finale spyker in die kis … die vals hoop, het ek besluit dit is tyd vir ‘n nuwe begin.
Ek het immers verhuis vanaf Johannesburg na ‘n nuwe stad en ken nie genoeg mense in Snorcity nie.
My beste vriendin Marise het immers haar ridder op die witperd op die interweb ontmoet. Zoosk om presies te wees. Hoe moeilik kan dit wees?

Dis was tyd dat ek my man-arsenaal opbou, want ek was nog nie single in 18 jaar nie …
Miskien moet ek “ophou wegkruip” en myself “oopmaak vir nuwe experiences” en “nuwe vriendskappe” het ek foolishly gedink.

Ek het angstig aangesluit en begin sif deur die hordes vreemde gesigte. Dis soos ‘n menu vol mans wat liefde soek. Van Kaapstad, Beaufort-Wes, Durban en Tzaneen, elke plek in die land het ‘n lonely soul wat liefde soek … op die interweb.
Want die dae van iemand ontmoet by die gym of in ‘n klub is long gone. Veral siende dat nie een van die twee my in 10 jaar gesien het nie …

Ek het die eerste keer ingelog in November 2013.
Miskien, wie weet … ontmoet ek iemand interresant genoeg wat miskien net genoeg belangstelling in my prikkel.

Die eerste paar weke was die ergste.
My profiel sê duidelik – ek haat dit as mense nie kan spel nie en ek luister nie Afrikaanse musiek nie. Ek is eerlik van die begin af, sodat daar nie enige misverstande is nie.
Steeds het ek honderde boodskappe gekry, van mans wat nie kan spel nie. Nie in Afrikaans nie en ook nie in Engels nie.
Ek meen, indien jy ‘n jong dame wil ontmoet op die interweb, behoort jy sekerlik die effort in te sit om te probeer reg spel?
Dan was daar die ouens wat dink hulle gaan my hart kan steel deur middel van woorde … Afrikaanse ritmiese doef-doef love songs se woorde, soos gesing deur Afrikaanse sangers.
Nou, as jy my goed genoeg ken, sal jy weet ek kan nie eens vir jou sê wie hierdie sangers is nie, want ek is kak allergies vir afrikaanse musiek.
Geen my Die Heuwels Fantasties, Van Coke, Fokofpolisiekar of Jack Parow … en jy sal my selfs moontlik met ‘n wip kan vang … maar ‘n Kurt Darren tiepe song? Wadefok dink die ouens?

So sif ek deur die hordes en hordes en boodskappe en kom af op ‘n redelik eenvoudige boodskap van wat blyk om ‘n redelike sexy dude te wees.
In sy foto was hy op sy MTB bike. Hy is vuil en lyk amper bietjie onbeskof. (in ‘n sexy tiepe way)
Die ou kan spel, sy musiek smaak lyk heel on par met myne en sy profiel is heel kreatief.
Jackpot!
‘n Paar pittige gesprekke was verruil, swak verbloemde insinuasies en pikante dubbelsinnighede het vir tintelende interweb gesprekke gemaak en na twee weke van spanning het ons besluit om te ontmoet.

Toe ek by die local Wimpy aankom, jip dis wat hy gekies het vir ‘n eerste ontmoeting,
was ek verras deur wat ek gevind het.

Die sterk, lang, kreatiewe atleet wat ek verwag het was net ‘n versinsel van my verbeelding. Ek kon skaars glo dat die Repelsteeltjie wat voor my gestaan het, die persoon was wat ek menigte oomblikke oor gedink het vir laaste twee weke.

Ek het stadig sy nie so sterk, kort, onkreatiewe, nie atletiese vorm genader en ek is gekonfronteer met die volle omvang van sy gemmer ken stoppelbaard en blink voorkop. Hy skeer nie sy hare nie, hy is 90% bles.

Geskok en ingeloop het ek gevoel … maar ek bestel toe vinnig ‘n koeldrank en hoop dit kan gered word met ‘n gesprek.
Dit was aaklig! Dit was seker die pynlikste halfuur van my lewe. Nie eens die geboorte van my kinders was so erg nie.
Ek het vinnig ‘n verskoning uitgedink van “ek moet dringend iets vir Nico by die skool gaan aflaai” en “my kinders het my nodig, ek is jammer maar ek moet ry”.

Oppad terug huis toe het ek in my silwer vos gesit en dink, daar is werklik ‘n moerse verskil tussen die verwagting en die werklikheid.
Ek is getref deur hoe maklik dit is om iemand te mislei in die aanlyn wêreld.
Ek het twee weke geflirt met ‘n man wat ek nie eens nastenby sou consider het in die werklike wêreld nie en vir ‘n paar kortstondige oomblikke het ek dit geniet (ek moet hom die krediet gee) … al was dit net terwyl die gesprekke op ‘n skerm was.
Maar skerm talk is nou maar net een maal nie my ding nie.

Miskien is online dating ‘n manier om almal ‘n kans te gee op die veld, om mense ‘n kans te gee om mekaar te leer ken, gebaseer op ander dinge as koue harde eerste indrukke of miskien was ek net ‘Catfished’.
Ek het onmiddelik my subskripsie gekanselleer en probeer om die kak experience agter my te sit en dit te vergeet.

‘n Paar weke later het ek weer my profiel aangesit, die keer sonder die flirtatious moves.Ek het immers doners baie geld invest in die interweb dating ding. R400 of iets vir ‘n 3 maande subskripsie! (ja mense betaal vir die kak?)

Intussen het ek al ‘n paar gawe kêrels ontmoet. ‘n Quintin (maar hys toe nog nie geskei nie, so hy staan nie ‘n kans nie) ‘n Johann (maar hy moet nog vrou vang en kinders hê, so hy staan nie ‘n kans nie) en ‘n Jaco (‘n single pa van twee, maar hy druk vir ‘n relationship).

Die week ontmoet ek vir David, ‘n gawe jong man (ja hy is jonger) en ek verwag niks meer as ‘n vriendskap nie.
Hopelik ontmoet ek volgende week vir Tiron, wat ‘n uitstekende chef is (ja hy is ook jonger) en wie weet, miskien word hy ook ‘n beste pel.

Intussen het my Zoosk subskripsie verval.
Ek het besluit ek gaan dit ook nie hernu nie. Dis net te veel moeite om deur al die gesigte te sif … veral as meeste van hulle GENUINE nie my cuppa tea is nie.
Ek is klaar ge-interweb date. Been there, done that … en ek wil nie die t-shirt dra nie.

Ek is gemaak vir vriendskappe en stel inelkeval nie belang in enige tiepe relationship op die stadium nie en nog minder om ge ‘Catfish’ te word.

Krummels

Soms wil my oë ‘n paar trane kots en my mond ‘n paar woorde …

 

Ja, ek het ‘n Blog belowe, maar sukkel so bietjie met die uitvoer … so tussen die trane kotsery. Tenminste gebeur dit en dit is nie net ‘n leë belofte nie. Van daai het ek self ook al genoeg gehad … Ek weet anyway nie wie wil regtig na my stront luister nie … miskien is ek die enigste leser, maar tenminste kry ek die kak van my hart af.

Ek het die laaste 2 weke in die hoek gaan sit en gaan trane kots tot ek beter voel.

My maat Marise het eendag vir my gesê, my grootste downfall in die lewe is die feit dat ek dink almal is soos ek … en daarom word ek keer op keer teleurgestel. Almal is glo nie eerlik nie. Almal dra glo nie hulle harte op hulle mou nie. Almal is glo nie opreg nie. Meeste mense is basies skelms en dose.

My vraag is … wat de moer het geword van mense wat regtig omgee? Mense wat ‘n belofte maak en regtig kan produce? Mense wat kan gee en vat en nie net vat (en vat en vat en vat) nie?

Ek het die laaste week baie gedink oor krummels.

Krummels is daai stukkies kos wat oorbly na almal klaar genoeg gehad het.

Dis soos daai tiende van ‘n tiende wat mense Sondag by die kerk gaan ingooi. Dan vertel hulle vir die wêreld dat hulle elke maand hulle tiende vir die kerk gee … (Ek het ook ‘n recent vrees ontwikkel vir enige iemand wat my vertel en verkondig hulle gaan Sondae kerk toe, maar ek sal later meer daaroor vertel …)

Kak man! Daai was ‘n tiende van ‘n tiende. Daai krummels in jou beursie! Die pienk en blou krummels wat jy nie nodig het nie, maar graag wil gebruik om te verkondig van jou “good deeds”. 

Ek wil nooit ‘n mens wees wat krummels gee nie. Nie by die kerk nie en nie in die lewe nie.

Ek kan deesdae nie eens sê dat hoe meer mense ek ontmoet, hoe meer verkies ek diere nie, want dis glad nie die geval nie.

Dis meer iets soos hoe meer mense ek ontmoet, hoe meer verkies ek myself!

‘n Liefdes Storie so duskant Valentynsdag

Op ‘n dag klim ‘n gewone Urban Boere-meisie op die rug van haar silver vos. (dis ‘n Polo om meer spesifiek te wees)
Sy het vir die eerste keer in haar lewe vryheid. Sy voel soos ‘n prinses en kan uiteindelik die prins van haar hart gaan ontmoet … of net happiness vind, soos enige prinses van droom.

Sy deurkruis daardie dag die streek op haar silwer vos van hoek tot kant en daar ontmoeting sy haar Eerste Wyse Man.

Hy is ‘n Medisyne Man. Wys en gaaf, praat oor die mens se binneste – nie die bloed en derms nie, maar die siel en die hart. Vir die eerste keer in ‘n lang tyd gesels die meisie met iemand asof sy hulle haar hele lewe lank al ken. Hy het die mooiste maniere. Hy hou selfs die deur van sy goue koets (‘n goue Fortuner, oftewel ‘n unfortunate Fortuner) oop vir haar en laat haar weer soos ‘n baie spesiale mens voel. Sy besluit toe om nie eens verder te soek nie … die medisyne man bring dan alles wat perfek is vir ‘n prinses.
Hulle lewe happily saam vir een hele jaar. Die prinses se ogies blink … soos die toekoms wat sy sien met die medisyne man van haar hart.
Een oggend word sy wakker in haar sagte wit prinses bed en besef dat alhoewel sy aanvanklik gedink het hy is vors en sterk en lief het hy bewys dat hy naar en gemeen is. Hy vry met ander prinsesse in die streek en sy hart behoort nie aan haar nie. Haar hart was in stukke gebreek.

Sy klim toe weer op haar silwer vos en en vlieg na ‘n ander deel van die Koningkryk. (Snorcity om spesifiek te wees)
Die volgende oggend ontmoet sy die Tweede Wyse Man. Sy ken hierdie Wyse Man van lank gelede toe hy haar op ‘n stadium ‘onttroon’ het as jong dame van 16.
Hy neem haar uit vir ete (hy braai vir haar) en praat met haar oor allerhande dinge. Sy is so half ongemaklik oor die behandeling wat hy haar vroeër toegedien het toe sy 16 was, maar sy is ordentlik en benader hom met respek. Sy moet ordentlik wees, want hy is ‘n Christen mens en sit elke Sondag in die kerk op die heel voorste bankie.
Hy vertel haar hoe wonderlik sy is en hoe gelukkig sy eendag ‘n man gaan maak. (Fok, dis ‘n kak ding om te sê en ek sal nooit weer vir daai bok tos val nie!) In elk geval, sy moet hoor van sy aaklige gemene vorige Courtisane in sy lewe, sy probleme en watse goeie mens hy eintlik is en dit maak haar klaar seer net om te hoor dat iemand wat vreugde verdien ook seer kry. Haar hart is egter nie seer omdat sy op hom verlief is nie, maar omdat sy wens sy kan help, want hy is immers ‘n goeie Chrsiten man.
Net toe sy hom vertrou as vriend en mens (en miskien eendag as prins in haar lewe) ruk hy haar hart uit met wat voel soos ‘n houtkapper wat met ‘n byl groot stompe kap. Haar hart was in ieder geval al so baie keer opgekerf en teruggesit, maar dis ook baie klein vir ‘n menslike hart … en sy kry moerse seer.

Sy klim toe weer op haar silwer vos en gaan soek verder in dieselfde Koningkryk.
Een oggend van haar verblyf in die Snorstreek ontmoet sy die Derde Wyse man. Hy is sag en lief en hulle gesels oor boeke en mites van die Koningkryk. Hulle ontwerp selfs hulle eie tiepe #taal. Hy is afkomstig van ‘n ander Koningkryk ver weg van Snorcity af.
Sy wil al sy vrae beantwoord en hom allerhande dinge vertel, maar sy is nou versigtig. Iemand het onlangs vir haar gesê sy moet haar geheime vir haarself hou. Dit gaan so teen haar grein, maar sy luister maar en glimlag mooi, praat oor allerhande ander dinge en loop weg met haar geheime nog in plek, terwyl die Derde Wyse man terug gaan na sy Koningkryk ver oor die see.

Daardie aand bid sy vir geen Wyse Man in haar lewe ooit weer nie.
Niemand om haar lief te hê en te bemin nie.
Niemand om haar hart heel te maak en te koester nie.
Niemand om haar te beskerm nie.
En nog minder om vir haar kak stories te vertel nie, want teen die tyd ken sy die verskil tussen kak en wol … en sy wil nie ‘n trui brei nie.

Die lewe het haar al so deurmekaar gemaak dat sy net nie meer weet hoe om mense te vertrou nie, want klaarblyklik wat hulle sê en wat hulle doen is twee totaal teenoorgestelde goed en die wat ‘n bietjie potensiaal wys, bly inelkeval in ‘n ander Koningkryk.

The End.

Skuins Befok

Ek het Donderdag middag vertigo gekry van woede. Ek het even consider om my sussie te bel en te laat weet sy moet maar kalmeer pille bring. Sy het immers ‘n klein huisie vol variasies van pille om jou gemoed of befokgeit te kalmeer.
Na al die maande se probeer van: “let it go”, “sien dit van wie dit kom”, “onthou wat jy nou al oor jouself geleer het”, “haal asem en tel tot tien”, “dink voor jy reageer en praat”, “moenie dat dit jou so ontstel nie” … niks van daai kak het gewerk nie. Fokkol. Ek het nie eens aan dit gedink nie. Dit was ‘n aanval van hewige proporsies – BOOM!
Die intense woede het vir ure aangehou … infact, ek het steeds ‘n onderliggende inner anger wat soos ‘n klein rampokker op my skouer sit en my elke nou en dan remind om nie op te hou om die moer in te wees nie.
Waarom was ek so skuins befok? Dit is omdat ek ‘n perfeksionis is, en ek dit haat as mense my vir ‘n blerrie fool probeer vat.
My kop spin nogsteeds.